Subscribe by Email

Zuma wil appelleer teen die bevinding in die spioenasiebande-hofsaak

ZumaAnswersPresident Jacob Zuma het aansoek gedoen om verlof tot appèl teen die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria se beslissing dat die terugtrek van korrupsie-aanklagte teen hom irrasioneel was. Die Demokratiese Alliansie het die hof in die sogenaamde spioenasiebande-saak gevra om uitspraak te lewer teen die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit in 2009 om nie voort te gaan met 783 aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en afpersing teen Zuma nie. Zuma sê in sy aansoek die hof het fouteer, terwyl die NVG ook wil appelleer.