Subscribe by Email

Zuma vaar uit teen Malema – uiteindelik!

President Jacob Zuma

President Jacob Zuma het vandag (Saterdag) behoorlik die sweep ingelê oor Julius Malema toe hy verskeie joernaliste in Durban toegespreek het. Hy het gese dat die verklarings wat Julius Malema maak, heeltemal teenstrydig is met ANC partybeleid.

Hy het Malema erg gekritiseer oor die sing van “dubula ibhunu” terwyl daar ’n interdik teen hom is wat hom uitdruklik verbied om dit te doen. Zuma het ook uitgevaar oor die manier waarop Malema ’n joernalis van die BBC uit ’n mediakonferensie gejaag het.

Zuma het gese dat die ANC nou ’n duidelike streep getrek het oor wat mag en wat mag nie en dat daar ernstige gevolge sal wees vir enige-een in die party wat daardie streep oorsteek. “Die gepaste ANC strukture sal nou kyk of enige een daardie lyn oorgesteek het en dienooreenkomstig optree” het Zuma gese.

Zuma het gese dat hy telefonies met Malema in gesprek was oor die gebeure in Zimbabwe, asook die gebeure rondom die BBC joernalis.

Hy sê dat die ANC die sing van “dubula ibhunu” vir eers teruggetrek het, uit respek vir die hofbevel. “As die ANC dus so ’n verklaring afgelê het, is dit totaal onaanvaarbaar as ANC lede steeds die lied sing” het Zuma gese. “Daar is behoorlike prosedures in plek om hofbeslissings te bevraagteken.” se Zuma. Verder het Zuma beklemtoon dat die ANC jeugliga beslis nie ’n onafhanklike beweging is nie en slegs bestaan onder die ANC sambreel. Berig – SAPA (Vertaal.)

One Response to Zuma vaar uit teen Malema – uiteindelik!

  1. Jan Gelderland

    April 11, 2010 at 3:16 am

    Die ANC MALEMA vrienden en de BBCspeelen saam.

    Time to hope that the ANC will change is gone. This is the storm before the kill.
    The statements were made. Weapons are being confiscated. Farmers are being murdered.
    Jonah Fisher writes extremely one sided ?????? interest purposely defaming the Afrikaner and Boer.
    The ????? and its propaganda machine are at it again.
    Time to prepare, mobilize, train, and study. Violence is here and soon enough on massive scale.