Subscribe by Email

Zuma se vrou in duister, R 2.245 miljoen te min vir kragrekening

 

Nompumelelo Ntuli-Zuma. Foto: AP

 

Suid-Afrika se presidentsvrou, Nompumelelo Ntuli-Zuma, sit in die donker, sonder enige elektrisiteit in haar spog agt slaapkamer huurhuis in Durban. Dit volg op die feit dat nie sy, of die land se president, of hulle administrasie, die rekening betaal nie. Volgens berigte in die Mercury, is die presidentsvrou meer as nege-duisend rand agterstallig op haar elektrisiteits rekening. Die rekening moet blykbaar eers volledig op datum betaal woord voordat die munisipaliteit die kragtoevoer sal herstel na die eksklusiewe herehuis in Innes Road, Morningside. Die elektrisiteit is al gediskonnekteer vanaf verlede week af.

 

Nompumelelo Ntuli-Zuma is in die donker, Foto: Marilyn Bernard, The Mercury

 

In Februarie was MaNtuli amper op straat gesit, na ’n dispuut oor die huurooreenkoms met die eienaar van die huis. Sy en haar familie woon die afgelope vyf jaar in die huis. Dit is ook nie die eerste keer dat haar elektrisiteit afgesny was nie, want in Januarie 2008 het sy na bewering ook in die donker verkeer oor ’n onbetaalde rekening.

As die president van Suid-Afrika, verdien Zuma R 2.245 miljoen per jaar, uitgesluit verskillende ander voordele en voldoende amptelike behuising wat onderhou word met belasting geld. Die presidensie se begroting is R 722 miljoen, wat ook insluit kantore en ander voordele vir sy vroue ter waarde van R 15.5 miljoen.