Subscribe by Email

Zuma raak al groter verleentheid vir ANC!

Jacob Zuma

Zuma verleentheid vir ANC!

Die regerende party bevind hom opnuut in ’n geloofwaardigheidskrisis nadat dit aan die lig gekom het dat Zuma sedert sy inhuldiging in Mei verlede jaar nog nooit sy belange verklaar het soos wetgewing vereis nie.

En dit, te midde van die wolk wat nog steeds oor Jacob Zuma hang oor sy beweerde korrupte verhouding met Shaik, en soos beweer word, dat hy omkoopgelde ontvang het, maar nie sy onskuld in ‘n hof wil bewys nie!

Die vakverbond Cosatu het gister te midde van groeiende politieke onmin tussen hom en die ANC geëis dat pres. Jacob Zuma sy belange verklaar.

Vincent Magwenya, Zuma se woordvoerder, het dit gister bevestig. “Daar heers onsekerheid oor die taalgebruik in die wet en of die president genoodsaak is om sy belange te verklaar.”  Toe hy egter gepols is oor die feit dat oudpres. Thabo Mbeki wel sý belange verklaar het, wou Magwenya nie verder uitwei nie.

Intussen het prof. Pierre de Vos, ’n regskenner aan die Universiteit van Kaapstad, gesê wetgewing is baie duidelik dat die president ook sy belange moet verklaar. “Dit sluit alles in – ook die finansiële belange van sy vroue.”