Subscribe by Email

Zuma moet R7,8-miljoen van die Nkandla-geld terugbetaal

Nkandla-zuma(R)President Jacob Zuma moet persoonlik 7-komma-8-miljoen Rand van die geld terugbetaal wat aan opgraderings by Nkandla bestee is en wat nie met veiligheid verband hou nie. Die Tesourie het die bedrag vasgestel nadat die Grondwethof bevind het dat Zuma ‘n gedeelte van die sowat 250-miljoen Rand wat aan sy privaat woning in KwaZulu-Natal bestee is, moet terugbetaal. Die Demokratiese Alliansie het die besluit verwelkom en gesê Zuma moet die geld persoonlik en sonder versuim betaal. Die party het bygevoeg dat dit nie beteken dat die oorspronklike korrupsie vergete is nie.