Subscribe by Email

Zuma moet as president terugstaan

“Een ding is duidelik – daar is niks wat bedek is, wat nie openbaar gaan word nie, of versteek wat nie blootgelê gana word nie.” So reageer d. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) op die publikasie van ‘n verdoemende ouditverslag in die Mail & Guardian wat duidelik toon hoe pres. Jacob Zuma betalings in ruil vir gunste ontvang het.

“Dit kan nie anders nie as dat pres. Jacob Zuma nie langer as kandidaat vir die ANC-presidentskap herkiesbaar kan wees nie. Op die heel minste moet Zuma nou as president van die land afstaan en ‘n waarnemende president aangewys word tot hierdie, en ander goggas soos Nkandla wat uitkruip, as bo verdenking uitgepluis is.

“Onder Zuma se presidentskap het die land 15 plekke op die korrupsiepersepsie-indeks teruggesak, en dit word daagliks al duidelike hoekom Suid-Afrika oor so ‘n wye front op belangrike indekse die kreeftegang gaan – die land word ‘gelei’ deur ‘n president wat Suid-Afrika nie kan bekostig nie.”