Subscribe by Email

Zuma en Gordhan besin oor die ekonomie

Jacob+Zuma+and+Pravin+Gordhan+XXXPresident Jacob Zuma en Finansminister Pravin Gordhan het vergader om te praat oor die ekonomie en hoe Suid-Afrika daarin geslaag het om afgradering van sy kredietwaardigheid na rommelstatus vry te spring. Die Presidensie sê Gordhan het Zuma deeglik ingelig oor die stand van die binnelandse en internasionale ekonomie en staatsbeheerde instellings. Hulle stem saam dat die regering beslissend sal optree om instellings wat ‘n verlies ly, te rehabiliteer soos in die geval met Eskom.