Subscribe by Email

Zuma, die dweper met obsessie vir seks!

Lyk hy lus?

Zuma vertel 'n grappie aan die koninging, maar sy lyk nie baie opgewonde daaroor nie.

President Jacob Zuma se mees omstrede dele van sy lewe is die afgelope paar dae onder reuse hoofopskrifte in die Britse pers uitgebeeld.

Stephen Robinson, die kommentator wat vir die Daily Mail skryf, het hom onder meer beskryf as ’n “dweper met ’n obsessie oor seks” met minstens 20 kinders by 10 vroue.

Die Daily Telegraph se adjunk-blogredakteur, Will Heaven, se blog is gepubliseer onder die titel “Your culture isn’t barbaric, Mr Zuma, but you certainly are.”

In The Scotsman skryf die veteraan-joernalis Fred Bridgeland dat Zuma se besoek aan Engeland is daarop gemik om Zuma se aansien tuis te red omdat hy in Suid-Afrika toenemend as ’n flou makou beskou word.

Geen positiewe kommentaar kon opgespoor word in die Britse media oor Zuma se besoek daar nie, terwyl Mnr. Vincent Magwenya, Zuma se woordvoerder, wat hom op dié besoek vergesel, gister gesê het daar wás positiewe beriggewing oor “ernstige nuus” soos bilaterale handelsooreenkomste tussen Suid-Afrika en Brittanje. Sulke berigte kon egter tot op hede nie opgespoor word nie.

Intussen het die ANC gister gesê hy vind dit walglik dat die media, veral Robinson, so ’n “stiksienige” uitkyk het en geen respek toon vir ’n besoekende staatshoof aan hul land nie.

4 Responses to Zuma, die dweper met obsessie vir seks!

  1. mnt

    April 7, 2010 at 3:49 pm

    Regstelling: berig 7 April, 2010at 8:15.
    “en die wat nie weet dat dat hulle weet nie”, moet lees. …”en die wat nie weet dat hulle nie weet nie”.
    Nuwe opmerking:
    Verder beeld die foto ook die verskil tussen eerste en derde wereld denke uit. Verheug om te sien dat die”Queen” haar distansieer van die tiende wereld snert wat hy aan haar probeer afsmeer. skande!!!
    Die anc se bekommernis is egter nie hulle swak leiers nie, maar dat appartheid se lekker melk en heuning besig is om opgesteel te raak. Ons tyd van bakhand staan, soos die res van Afrika, is voor die deur en kyk hoe reageer die wereld al klaar, maar heellaas, jy kry die regering waarvoor jy gestem het.

  2. mnt

    April 7, 2010 at 8:15 am

    Ons moet nie hierdie saak probeer afwater nie. Die arme Koningin is waarskynlik in die ergste vorm van verleentheid van haar lang loopbaan. Zuma kan duidelik nie in hierdie kringe beweeg nie en sy laerskool mentaliteit word hier duidelik uitgebeeld. Hy probeer hier sy bes om n ietsie van n reaksie te ontlok, met absoluut geen sukses nie. n Skande vir Suid Afrika! Jy kry drie soorte mense: die wat weet dat hulle weet, die wat dink hulle weet, en die wat nie weet dat hulle weet nie. Besluit u maar self waar hy in pas.

  3. Raymond

    Maart 7, 2010 at 7:14 am

    Dankie M Basson vir jou kommentaar, net ‘n regstelling, ons is nie “Beeld” nie, maar ‘n onafhanklike Afrikaanse publikasie.

  4. M. Basson

    Maart 6, 2010 at 5:00 pm

    Geagte Beeld,

    Ek is al die afgelope jaar in Engeland en was nogal verras oor Zuma se besoek aan hierdie land.
    Hier kry ons natuurlik geen nuus uit Suid Afrika nie. Ek verstaan dat die koerante daar skryf dat Zuma by Buckingham Palace, tuisgegaan het. Vir die rekord: Geen persoon behalwe die Koningsgesin gaan ooit DAAR tuis nie!! Hy het by Afrika Huis in London oorgebly.
    Die uwe, M. Basson