Subscribe by Email

Zuma beklemtoon dat die SAL nie te koop is nie

583827President Jacob Zuma sê die Suid-Afrikaanse Lugdiens sal nooit verkoop word nie, maar het meer aandag van die regering nodig om dit vooruit te laat gaan. Hy het ‘n monitor-besoek aan die nasionale redery gebring nadat die Tesourie aangekondig het die SAL sal slegs bykomende geldelike steun kry sodra ‘n nuwe raad van direkteure in werking is. Zuma het ook Eskom se hoofkantoor, MegaWattpark, in Johannesburg besoek waar uitvoerende hoof Brian Molefe hom verseker het dat Suid-Afrika nooit weer beurtkrag sal ondervind nie.