Subscribe by Email

Zuluman verdedig AWB, ET is sy leier

Foto, The Daily News

Sy eie mense noem hom ’n verraaier en het hom al gedreig met die dood, maar Piet Dlamini, ’n tuinier van Vryheid in KZN, laat hom nie hierdeur afsit nie. Hy staan by sy lojaliteit teenoor die AWB . Die Daily News het gister ’n onderhoud met hom gevoer, oor sy liefde vir die AWB en Eugene Terre’Blanche.

Hy het grootgeword in die Piet Retief omgewing en reeds ’n groot liefde ontwikkel vir Afrikaans in graad 4.  Op hoërskool kon hy reeds Afrikaans glad praat en ongeveer 10 jaar gelede het hy die AWB begin aanhang. Hy het alles opgelees wat hy in die hande kon kry in koerante en tydskrifte oor die AWB, maar toe hy Terre’Blanche eendag op televisie sien ry, op sy swart perd, het hy net geweet dat hy hierdie man moet ontmoet.

Hy beskou Eugene Terre’Blanche as sy vader en hy sê dat die AWB se beleid hom nie sal afsit nie, hoewel hy nog nie amptelik ’n lid is van hulle nie.

In 2008 het Terre’Blanche Vryheid besoek om die AWB daar te laat herleef en Dlamini het net geweet, hy moet daardie vergadering ook bywoon, al is dit net op ’n afstand, om sy leier te sien in lewende lywe. Hy het geduldig buite die saal op Vryheid gewag om net iets van Terre’Blanche te sien te kry, maar tot sy verbasing het Terre’Blanche hom opgemerk, vriendelik gegroet met die hand en ingenooi om binne die saal te kom sit.

Piet Dlamini, AWB ndersteuner en trots daarop. Foto, The Daily News

Tydens hierdie onderhoud met Die Daily News, het Dlamini heeltyd in Afrikaans gepraat, op sy eie aandrang. Hy sê dit is nie omdat hy nie van sy eie taal, Zulu hou nie, dis net omdat hy verkies om in Afrikaans te praat.

Dlamini sê hy sou baie graag ook sy leier se begrafnis wou bywoon, maar kon nie die reiskostes bekostig nie. Hy hoop egter dat die moordenaars lewenslange tronkstraf sal kry vir hul daad. “As dit steeds PW Botha se regering was, sou hulle die doodstraf moes kry” het Dlamini gesê.

Hierdie artikel was oorspronklik vandag gepubliseer op bladsy 17 van The Daily News

3 Responses to Zuluman verdedig AWB, ET is sy leier

  1. p

    November 25, 2013 at 1:48 am

    Piet is ‘n ware held, anders as daai skelm Nelson Mandela.

  2. Kuifie

    April 15, 2010 at 12:29 pm

    Bloed kruip waar dit nie kan loop nie. As kortbroek…Marthinus van Schalkwyk ‘n prominente lid van die ANC mag wees, kan Piet Dlamini ook maar ‘n lid van sy liewe AWB wees seker.

  3. jjj

    April 14, 2010 at 7:25 pm

    Daar is ook goeie mense onder hulle wat die feite erken omdat hulle darem grysstof het.Piet ek respekteer jou eerlikheid en dat daar nie vrese by jou bestaan nie.