Subscribe by Email

Zimbabwe soek oop grense vir sokkerwêreldbeker

Zimbabwiese minister van Toerisme, Walter Mzembi

Die regering van Zimbabwe wil ‘n spesiale visum voorstel vir die 2010 Fifa Wêreldbeker sokkertoernooi. Dit sluit in ‘n spesiale permit om tussen Suid-Afrika en Zimbabwe te reis en ‘n totale opskorting van visum vereistes vir alle besoekers van die 32 deelnemende lande. Dit volg op bekommernis dat die aantal voorspelde besoekers aan hierdie toernooi, afgeneem het vanaf ’n moontlike 450 000 na net meer as 200 000. Volgens die Zimbabwiese minister van Toerisme, Walter Mzembi, word Zimbabwe ook geaffekteer deur hierdie afname in verwagte besoekers.

Volgens Mzembi, kon dinge anders gewees het, sou die hele Afrika ingespring het om te help om die toernooi te bevorder en meer as die aanvanklike 450 000 besoekers sou die toernooi dan bygewoon het. Hy het egter gese dit is nog nie te laat nie en planne kan gemaak word, soos sy visum voorstel dat besoekers geen visum moet benodig om na enige van die Afrika lande te reis nie. Hy het gese dat hy wil onderhandel met die Suid-Afrikaanse doeane om die Suid-Afrikaanse grense oop te gooi vir alle Afrika lande in die noorde.

One Response to Zimbabwe soek oop grense vir sokkerwêreldbeker

  1. Mario

    April 14, 2010 at 7:23 am

    Genade! Dink die mense iemand wil nog Zim toe kom???