Subscribe by Email

Zimbabwe skuld meer as 600 miljoen rand vir elektrisiteit

Die staatsbeheerde kragvoorsienings netwerk in Zimbabwe skuld meer as 600 miljoen rand aan streeksvoorsieners van elektrisiteit.

Ben Rafemoyo, CEO van die “Zimbabwe Electricity Supply Authority” het gese die wan betaling van verbruikers is die grootste oorsaak van hierdie skuld.

Groot gedeeltes van Zimbabwe het daagliks geen elektrisiteit nie, terwyl daar gebiede is wat nou al maande lank sonder elektrisiteit is. Die afgelope 10 jaar se ekonomiese insinking in Zimbabwe het veroorsaak dat kragstasies onherroeplik agteruit gegaan het, en meestal net een derde van hul kapasiteit se krag kan opwek.