Subscribe by Email

Zille “baby” kuier by die dronkes saam met Kgalema Motlanthe

Adjunk President Kgalema Motlanthe en Wes Kaap Premier Helen Zille, wat gister deur tot deur huise in ’n “township” gebied in Plettenbergbaai besoek het, is deur hul dronk inwoners binnegenooi.

In een van die huise het ’n besope inwoner Zille aanhoudend “baby” genoem.

Motlanthe is tans op ’n landswye armverligtingsveldtog wat aangedryf word deur President Zuma.

Zille en Motlanthe is in KwaNokuthula woonbuurt waar die regering behuising voorsien, verwelkom deur besope huiseienaars. Zille het gese dat sy geskok is oor die omvang van drankmisbruik in die gebied. In een van die huise, het die inwoners gekla oor werkloosheid, maar hulle was so dronk, die man het aanhoudend vir Zille “baby” genoem.