Subscribe by Email

Ysige weer in Europa aardverwarming se skuld – navorser

Die rekord-koue wat dele van Europa nou beleef, is die regstreekse gevolg van die invloed wat die wegsmeltende ys op die poolkap op straalstrome het.

Jennifer Francis, navorser van die Rutgers Institute of Coastal and Marine Science sê sy en ‘n groep wetenskaplikes wat in getalle aangroei, glo die smeltende poolys laat die atmosfeer warmer word, wat die rigting van straalstrome op groot hoogte omkeer.

Nederland beleef sy koudste Maart in ‘n kwart eeu, en die laaste tien dae se temperatuur was die laagste sedert 1922.

In die Overijssel moes ‘n ysbreker gestuur word om dik ys vir rekreaksievaart te breek. ‘n Groep Duitse vaarders het pas in die ys vasgevang geraak.

Francis sê die omkeer van die straalstrome veroorsaak ekstreme weer – die koue poollug “reis” met die straalstrome veel verder suid.

Daar word die afgelope weke gereeld oor reuse verkeersknope berig wat deur sneeustorms veroorsaak word. Selfs treinverkeer is al ontwrig.

Herman Toerien