Subscribe by Email

Xenofobie werklikheid na WB2010

Die suksesvolle wêreldbeker wat Suid-Afrika aangebied het, is iets van die verlede wat sekerlik nog lank onthou gaan word, maar intussen het die xenofobiese geweld dreigemente fisiese vorm begin aanneem op die Kaapse vlaktes.

Amptenare van die Drakenstein munisipaliteit in die Wes-Kaap glo ‘n klein groepie misdadigers is verantwoordelik vir die aanvalle op buitelanders. Sowat 120 buitelanders, hoofsaaklik van Somalië, Zimbabwe en Ethiopië, het laasnag uit Mbekweni in die Paarl gevlug nadat hulle aangeval is.

Die buitelanders is na die Antoniesvlei vakansie-oord in Wellington geneem. Die weermag, polisie en bemiddelaars is in verskeie gebiede in die Wes-Kaap ontplooi nadat die geweld voorgekom het. Die gebiede Nyanga, Phillipi-Oos, Khayelitsha, Wellington, Paarl-Oos, Mbekweni, Franschhoek en Klapmuts word as moontlike gevaarpunte beskou.

Gauteng areas het tot dusvêr geen xenofobiese geweld ervaar nie.

One Response to Xenofobie werklikheid na WB2010

  1. dude100

    Julie 13, 2010 at 9:53 am

    Lekker ne …. nou kan die polisie en die weermag mooi agter die buitelanders kyk… Ek wonder of hulle ook die vakansie oord se gelde betaal ?