Subscribe by Email

X-strale het geen abnormaliteit getoon nie

Patrick+LambieDie Springbokke se spandokter, Konrad von Hagen, sê die losskakel Patrick Lambie sal as voorsorgmaatreël verdere skanderings ondergaan al het x-strale geen abnormaliteit getoon nie. Hy het Saterdag harsingskudding opgedoen toe die Ierse flank CJ Stander hom in die lug teen die kakebeen getref het in die eerste toets op Nuweland in Kaapstad, wat die Iere 26-20 gewen het. Afrigter Allister Coetzee het reeds gesê Lambie sal nie oorweeg word vir komende naweek se tweede toets in Johannesburg nie.