Subscribe by Email

Wrede moord op nog ‘n kind in SA

Anika Smit

Vermoor, hande afgesny

Die skoolvlag van die Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria, waar Anika Smit ’n gr. 11-leerling was, het gister halfstok gehang. Sy het vermoor, kaal en sonder hande gelê toe haar pa eergister in hul huis in die noorde van Pretoria op haar afgekom het.

Anika was eergister alleen by die huis waar sy en haar pa woon. Sy is nie skool toe nie weens infeksie in haar ore. Sy het op die grond gelê, sonder klere. Albei haar hande was afgesny en weg. Daar word vermoed die moordenaars het haar hande saamgeneem. Mnr Smit, haar pa, meen sy het haar moordenaar(s) moontlik gekrap en dat haar hande verwyder is uit vrees dat DNS-getuienis onder haar vingernaels hom/hulle aan die pen kan laat ry. Dit lyk volgens Anika se pa ook of sy probeer terugbaklei en weghardloop het.

Konst. William Mahlaole, polisiewoordvoerder, het gesê ’n lykskouing sal bevestig hoe Anika dood is en of sy verkrag of onsedelik aangerand is.