Subscribe by Email

Word misdaad verdoesel in SA? Nedbank beroof van 11 miljoen!

Slegs 5 dae voordat die wêreldbeker-afskop in SA plaasgevind het, is Nedbank beroof van 11 miljoen rand, maar hierdie nuus was geheim gehou, volgens anonieme bronne, omdat dit moontlik die wêreldbeker toeriste kon afskrik.

Meer as 10 gewapende rowers het op 6 Junie Nedbank se kontant depot in Midrand bestorm, die alarmstelsel ge-deaktiveer en die kluise oopgesny en weggekom met 11 miljoen rand.

In nog ’n soortgelyke voorval gister, het rowers die kontant depot van FNB in Lenasia ook probeer oopbreek, maar was onsuksesvol.

Volgens die polisie kom hierdie soort van bankrooftogte toenemend voor, waar dit voorkom of die rowers sleutels het om toegang tot bankgeboue te verkry. Hierdie optrede, volgens ’n FD woordvoerder, vervang die tradisionele manier van bankrooftogte, omdat rowers nou kontant depots van banke in hul visier het, in plaas van die bank-takke self.

Gister het Nedbank vir die eerste keer bevestig dat hulle beroof was op 6 Junie vanjaar. Nedbank kom voor asof hulle monde gesnoer word oor die voorval en al wat hulle woordvoerder, Joanne Isaacs, oor die saak sê, is dat hulle nou saamwerk met die polisie om die rowers op te spoor.

Inligting van verskye oorde beweer egter dat die bankroof toegesmeer was om negatiewe publisiteit kort voor die wêreldbeker te voorkom. Brigadier Govindsamy Mariemuthoo van die Gauteng polisie ontken egter sulke bewerings. Hy sê dat die polisie ’n verklaring oor die voorval sou uitreik indien daar media navraag was daaroor.