Subscribe by Email

Woordestryd tussen David Maynier en die Guptas woed voort

David-MaynierDavid Maynier van die Demokratiese Alliansie sê die Gupta-familie beeld homself uit as slagoffer van ‘n politieke smeerveldtog. Die opposisieparty se skaduminister van Finansies het reageer nadat die familie hom gevra het om op te hou om hulle as politieke speelbal te gebruik. Dit het gevolg op die Guptas se aankondiging dat hulle al hulle Suid-Afrikaanse belange voor die einde van die jaar gaan verkoop. Maynier beskryf die omstrede familie as rotte wat ‘n sinkende skip verlaat en beslis nie slagoffers nie: