Subscribe by Email

Woeste storm veroorsaak chaos in dele van die Wes-Kaap

stormDele van die Wes-Kaap is vandag besig om op te ruim na die kouefront wat gister toegeslaan het. Huise is oorstroom, bome is omgewaai en kraglyne is beskadig. Die storm, wat gistermiddag oor die Kaap gewoed het, het Kaapstad se spitsverkeer ernstig ontwrig en vlugte by die stad se internasionale lughawe is vertraag. Charlotte Powell van ramp-risikobestuur sê minstens 150 huise is in Khayelitsha en Philippi oorstroom. In voorstede soos Houtbaai, Constantia, Vishoek en Glencairn is bome ontwortel.