Subscribe by Email

Wits skort klasse op

ed_0085181_690x450_crop_80Bestuur van die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg het besluit om klasse vir die res van die week op te skort ter wille van studente en personeel se veiligheid. Botsings tussen betogende studente en die polisie het gister daartoe gelei dat 31 studente in hegtenis geneem is, terwyl talle mense beseer is. Studente het beloof om aan te hou betoog tot hulle gratis onderrig kry. Die universiteitsraad gaan na verwagting vandag vergader, terwyl die polisie en sekerheidswagte die toestand dophou.

Die Nasionale Tesourie sê intussen dit is ‘n groot uitdaging om die geld te vind vir die tekort in universiteitsfooie. Die regering het eergister aangekondig dat arm studente nie volgende jaar meer hoef te betaal nie. Die Tesourie sê hy oorweeg verskillende meganismes om die tersiêre fooi-subsidie te befonds en het bevoordeeldes van die Nasionale Studente-finansiële Hulpskema gevra om hulle lenings terug te betaal as hulle kan.

One Response to Wits skort klasse op

  1. Louis

    September 22, 2016 at 1:03 pm

    So….waar is grootbek prof Matthew Lester van #FeesMustFall faam nou ?? Kom na vore en gee nou jou hogere mening, nou dat gebeur het wat jy begin het met jou aanhitsing. Aanvaar verantwoordelikheid, of is jy eintlik maar ‘n muis ?