Subscribe by Email

Wits is bekommerd oor opmerkings van minister Blade Nzimande

blade-nzimande-useDie Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg is bekommerd oor die minister van Hoër Onderwys en Opleiding se opmerking oor die hantering van ‘n werker se dood. Celumsa Ntuli is verlede week dood van gifdampe wat hy ingeasem het toe studente-betogers brandblussers aktiveer het. Minister Blade Nzimande het Wits gestriem omdat sy dood nie vroeër aangemeld is nie, maar ‘n woordvoerder sê die universiteit moes wag op ‘n verslag van Ntuli se werkgewer.