Subscribe by Email

Wit en swart hou saam optog teen plaasmoorde

PHOTO: Peggy Nkomo, Sowetan. Optog teen plaasmoorde in Brits

Die plaasgemeenskap van Brits, wit, sowel as swart, het gister ’n massa-optog met doodskiste gehou, om hul misnoeë teen plaasmoorde te demonstreer. Hulle soek streng polisiebeskerming teen moordenaars wat plaasboere en hul werkers vermoor.

Ongeveer 1000 inwoners het aan die opmars deelgeneem, om hul memorandum aan Brigadier Mokhele Seboloki, die stasie bevelvoerder van Brits te oorhandig.

Die optog is gereel deur die DA en Solidariteit en alle bevolkingsgroepe in Brits het daaraan deelgeneem. Plakkate met die woorde “Ons is gatvol” was oral te sien, asook “Geen Boere, geen kos”.

Hierdie massa-optog is ’n goeie voorbeeld hoe wit en swart kan saamstaan teen misdaad in Suid-Afrika.