Subscribe by Email

Wit armoede aan die toeneem

‘n Toenemende aantal wit Suid-Afrikaners is in die greep van uiterste armoede vasgevang, met soveel as 430 plakkerskampe wat oral in die land opgeskiet het. Volgens ‘n verslag van die vakbond, Solidariteit leef ‘n geraamde 600-duisend van die land se vier en ‘n halfmiljoen wittes onder die broodlyn. Pretoria het sowat 80 wit tydelike nedersettings.

‘n Woordvoerder van Solidariteit se Helpende Hand, Surika van Schalkwyk sê wit armoede het sedert 1994 met 150 persent toegeneem, en dit word as ‘n konserwatiewe skatting gereken. Dit is ook die meeste van alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika. ‘Na 1994 het vrouens half hul stem verloor en dat hulle die oplossing wil wees vir die 600,000 Afrikaners wat tans in armoede verval’. het van Schalkwyk gese oor die stigting van Solidariteit Helpende Hand Vroue in Aksie, wat op vrouedag tot stand gekom het.

Afrikaner-armoede is nie net ’n maatskaplike krisis nie, dit is ook geestelike en kulturele verarming. Elke vrou wat ’n behoefte het om ’n rol te speel in hierdie omvattende krisis sal met ope arm ontvang word deur Vroue in Aksie.

2 Responses to Wit armoede aan die toeneem

  1. Kuifie

    Augustus 17, 2010 at 5:29 pm

    Wat se maatreëls ?

  2. oomfran

    Augustus 17, 2010 at 12:51 pm

    Vinnig die tyd vir maatregels te neem