Subscribe by Email

Winnie Madikizela-Mandela wil appelleer teen die Qunu-uitspraak

winnieWinnie Madikizela-Mandela wil appelleer teen gister se Hooggeregshof-beslissing dat sy nie kan aanspraak maak op haar gewese man se huis op Qunu in die Oos-Kaap nie. Die hof op Mthatha het haar betoog verwerp dat die huis aan haar behoort ingevolge Thembu-gebruik nadat oudpresident Nelson Mandela dit aan sy weduwee, Graça Machel, en haar kinders nagelaat het. Madikizela-Mandela se regsverteenwoordiger sê die hof het nie na die meriete van haar aansoek gekyk nie, maar net na tegniese kwessies.