Subscribe by Email

Winnie gaan boedel betwis

winnie

Die prokureurs van Winnie Madikizela-Mandela het bevestig dat hulle dokumente by die Mthatha Hooggeregshof ingedien het om oudpresident Nelson Mandela se boedel te betwis.

Madikizela-Mandela meen blykbaar sy is geregtig op Nelson Mandela se huis op Qunu in die Oos-Kaap.

Haar prokureur, Mvuzo Notyesi het in Augustus aan ‘n mede-eksekuteur van die testament geskryf en aangevoer dat die eiendom ingevolge AbaThembu-tradisie aan Madikizela-Mandela en haar nasate behoort.

Hy sê die feit dat hulle geskei was, is nie ter sprake nie.

Madikizela-Mandela was die oorlede staatsman se tweede vrou.

Hulle was 38 jaar lank getroud, maar dit het in Februarie aan die lig gekom dat sy niks by haar voormalige man geërf het nie.