Subscribe by Email

Windies klop Australië op die krieketveld

marlon-samuels-west-indies_3374056Die gasheer, die Wes-Indiese Eilande, het Australië met ses paaltjies verslaan in hulle wedstryd in St Kitts in die driehoekige reeks waaraan Suid-Afrika ook deelneem. Australië het 265 vir sewe aangeteken, met aanvangskolwer Usman Khawaja wat net twee lopies kort van sy honderdtal uitgehardloop is. Kaptein Steve Smith het 74 bygedra. Die Windies het die wenteiken in hulle 46ste boulbeurt verby gesteek met ses paaltjies plat. Marlon Samuels is op 92 uitgehardloop.

Die volgende kragmeting in die reeks is môre tussen Suid-Afrika en die Windies, ook in St Kitts. Die veelsydige Protea-speler Chris Morris is fiks verklaar nadat hy die eerste twee kragmetings misgeloop het weens ‘n agterkniesening-besering. Aanvangskolwer Hashim Amla sê hulle wil sake regstel nadat hulle in die nederlaag teen Australië gevou het na ‘n baie goeie begin: