Subscribe by Email

Wimbledon dubbelspel

120730080509-tennis-williams-sisters-story-topDie Amerikaanse susters Venus en Serena Williams het die vroue-dubbelspel op Wimbledon die sesde keer gewen en daarmee ook hulle veertiende grand slam-titel behaal. Hulle het Timea Babos van Hongarye en Yaroslava Shvedova van Kazakstan in die eindstryd in skoon stelle geklop. Serena het vroeër haar sewende Wimbledon- en 22ste enkelspel-grand slam-titel ingepalm toe sy die vierde gekeurde Angelique Kerber van Duitsland in skoon stelle geklop het. Sy het daarmee die aantal grand slam-titels van nog ‘n Duitser, Steffi Graf, geëwenaar.

Nicolas Mahut en Pierre-Hugues Herbert van Frankryk het die mans-dubbelspeltitel gewen toe hulle hulle landgenote Julien Benneteau en Edouard Roger-Vasselin verslaan het. Die eindstryd van die mans-enkelspel word vanmiddag beslis tussen die tweede gekeurde Andy Murray van Skotland en die sesde gekeurde Kanadees Milos Raonic. Murray het Wimbledon in 2013 gewen en die Amerikaanse Ope in 2012, terwyl Raonic die eerste keer in sy loopbaan in ‘n grand slam-eindstryd speel.