Subscribe by Email

Willies Mchunu is KwaZulu-Natal se nuwe premier

1108035422Die gewese KwaZulu-Natalse minister vir Vervoer en Veiligheid, Willies Mchunu, is aangewys as nuwe premier van die provinsie. Dit volg nadat Senzo Mchunu gister bedank het na aanleiding van ‘n besluit van die ANC se nasionale werkskomitee. Hy is volgens berigte aangesê om die pos te ontruim omdat hy  die ANC-leierskap teengestaan het. Die regerende party sê Willies Mchunu is gekies weens sy senioritiet, ervaring en vaardighede.