Subscribe by Email

Wilders vry – maar nie einde van die pad

Die omstrede Nederlandse politikus, Geert Wilders, is vrygespreek op aanklagte wat ons in die Suid-Afrikaanse konteks die beste met haatspraak sou verstaan.
Wilders, leier van die Partij vir de Vrijheid (PVV), is vrygespreek aan “groepsbelediging, aanzetten tot haat en discriminatie van niet westerse allochtonen.”
Die regbank het bevind dat Wilders hom met sy uitsprake tot op die randjie van die toelaatbare begewe het, maar dat nie bewys kon word dat dit wat die politikus kwytgeraak het, starfbaar is nie.
Voorts het die regter bevind dat Wilders sy uitsprake teen die Islam en nie ’n bepaalde groep mense nie, gemik het. In die konteks van die openbare debat, was van Wilders se uitsprake wel opruiend, maar het nie die perke oorskrei waar dit tot haat aanleiding sou kon gee, en dus strafbaar sou wees nie.
Wilders het die uitspraak as een vir die bevestiging van meningsuiting beskryf.
Van die groepe wat hulself as die benadeelde partye beskou, het reeds aangedui dat hulle die saak na die VN se Menseregtekomitee neem.