Subscribe by Email

Wilders-vervolging gaan voort

Die vervolging op aanklagte van aanhitsing tot haat en diskriminasie teen die Nederlandse politikus, Geert Wilders, gaan voort. Dit volg na die regbank in Amsterdam besware van Wilders se advokaat dat sy kliënt nie ‘n regverdige verhoor sal kry nie, van die hand gewys het.
Adv. Bram Moszkowicz het aantygings van bevoordeeldheid teen ‘n wye reeks rolspelers gemaak.
Wilders is leier van die sterk opkomende party, PVV, wat met sy “gedoogde” steun Nederland in staat gestel het om ‘n koalisieregering te vorm.