Subscribe by Email

Wilde bere pas daggaplantasie op.

Kanadese polisie by een van die dagga bere.

Die Kanadese polisie was stomgeslaan toe hulle afkom op 10 wilde swart bere wat ‘n onwettige dagga-plantasie naby Christina Meer in Brits Columbia oppas. Die polisie vermoed die twee dagga-boere wat tydens die klopjag in hegtenis geneem is, het hondekos gebruik om die bere na die plantasie in die afgeleë suidoostelike Brits Columbia te lok, vermoedelik om diewe af te skrik. Die polisie kry gereeld honde, wagte of selfs foptoestelle by dagga-plase. Die bere het hul egter nie baie goed van hul taak gekwyt nie en was heel mak waar hulle tussen die daggaplante op die plaas dalk self op ’n “high” was.

Amptenare sê dat die bere moontlik uitgesit sal moet word as hulle te afhanklik geraak het van die kos wat hulle gekry het by die daggaboere. Daar was ongeveer 2300 daggaplante op die plaas.