Subscribe by Email

Wieg van die mensdom: Fees en sterrekyk

Wieg van die mensdom

Wieg van die mensdom

Die Wieg van die mensdom by Maropeng bied sy eerste fees van 6 – 15 Mei aan. Volgens die Maropeng-nuusbrief wat pas uitgestuur is, sal dié fees volop vermaak en ander aktiwiteite vir die hele gesin bied.
Op 14 Mei kry volwassenes ook die geleentheid om die Swartkrans-terrein te besoek waar gesien kan word hoe twee wetenskaplikes uitgrawings doen. Dié terrein is gewoonlik vir die publiek gesluit. Die besoekers sal ook meer kan leer hoe die vroeë mens vuur gebruik het.
Tydens ‘n staptog op 7 Mei na die Coopers-grot sal besoekers ook die geleentheid kry om te leer hoe klipwerktuie gemaak is.
‘n Spesiale moedersdaggeleentheid word ook aangebied.
Op 21 Mei is daar ‘n sterrekyk-geleentheid.
Vir volledige besonderhede, besoek http://www.maropeng.co.za/ en gaan na die nuusbriefskakel, en kliek op die skakel vir vorige nuusbriewe.