Subscribe by Email

Wie het regtig Poppie van der Merwe se dood veroorsaak?

poppie-van-der-merweDit is ‘n hartseer saak, en Suid Afrikaners is met reg erg omgekrap en getraumatiseerd, eintlik woedend, vir haar stiefpa, Kobus Koekemoer, wat in hegtenis geneem is in verband met haar dood. Daar is bewerings dat hy haar doodgeskop het.  Kobus Koekemoer is Woensdag in hegtenis geneem in verband met die moord op die driejarige Poppie. Hy het die afgelope Vrydag in die hof verskyn. Koekemoer moet op 3 November weer in die landdroshof in Brits verskyn waar hy na verwagting sal aansoek doen om borgtog. Hy bly in aanhouding.

Maar kom ons staan ‘n bietjie stil, en kom agter die kap van die byl, oor wie eintlik verantwoordelik gehou moet word, tesame met die moordenaar wat die daad verrig het, as medepligtige tot haar dood.

Die gesin het vroeër in Orania in die Noord-Kaap gewoon. Volgens Maroela Media het ʼn buurman van die Koekemoers al in Augustus 2016 in ʼn polisieverklaring aangevoer daar was gereeld ʼn bakleiery by die huis.  Hulle berig: “Hy was van mening die kinders is onnodig gedissiplineer. “Die hoeveelheid houe vir kinders van daardie ouderdom was onvanpas,” het hy in die verklaring geskryf. Hy beweer ook in die verklaring hy het een dag gesien hoe die verdagte Poppie en haar broer moedswillig met ʼn tuinslang natspuit, en hulle het later sopnat in die koue moes bly sit. Die buurman het ook ander bewerings van mishandeling gemaak. Hy het die saak glo by die maatskaplike raad aangemeld, maar niemand het na bewering betyds op sy waarskuwing reageer nie.”

As bogenoemde aanhaling die korrekte feite is, dan kan mens nie anders as om die regering, in in die besonder, die polisie en maatskaplike regeringsdienste as medepligtig aan te hou saam met Koekemoer nie. Koerant is van mening, dat as daar toe al opgetree was, sou Poppie vandag gelewe het. Daar behoort dus ‘n aggresiewe en verpligte noodsaaklike ondersoek gedoen te word in die passiewe optrede van die regeringsliggame en in hierdie geval, die geen-optrede van hulle, asook in baie ander gevalle waar gewone landsburgers die misbruik van kinders aanmeld soos wat wetlik vereis word van hulle, en dan word daar of niks gedoen, of te lank geneem om op te tree, tot dit te laat is, soos in Poppie se geval.

Suid-Afrikaners se woede behoort dus ook te strek na hierdie medepligtes aan Poppie, en baie ander gevalle se dood. Daar behoort ‘n ondersoek vereis te word hierna ook.

34 Responses to Wie het regtig Poppie van der Merwe se dood veroorsaak?

  1. Andri

    November 4, 2016 at 7:38 am

    Die Ma kruip weg en probeer nou kollig vang dat die waarheid sal uitkom. Die boetie het als gesien en beleef. Kobus Koekemoer het n keuse gemaak en n kind se lewe beeindig. As die welsyn en Polisie geweet het dat die kinders se lewe in gevaar is en niks maar niks het hul gekeer om te kinders te beskerm nie. As jy weet dat n kind in gevaar is tree jy op en ek moet saamstem oor welsyn en polisie.

  2. Ilse

    November 3, 2016 at 1:17 pm

    Ek stem 100% saam. Maar wil ook weet van die ma? Sy is baie sleg. Hoe kan sy sê “as iemand in haar skoene was”? Is die vrou dan mal? Wat sal enige ma doen in so ‘n geval? Jy beskerm jou kinders met alles in jou. Sy moet ook trunk toe gaan en die boetie na sy pappa toe.

  3. annoniem

    November 3, 2016 at 11:50 am

    DIT IS TYD DAT ONS MINDER NA DIE TYD SIT EN SKRYF HOE AAKLIG DIE DOOD VAN N KIND ENS IS. DIE GEMEENSKAP SAL SELF NA HULLE KINDERS MOET BEGIN KYK, WANT NIEMAND ANDERS GAAN DIT DOEN NIE.
    STIG N GROEP IN DIE GEMEENSKAP WAT BY DIE POLISIE SE VEP (VICTIM EMPOWERMENT PROGRAMME) INSKAKEL, SODRA N KIND VERKRAG, AANGERAND OF OP ENIGE MANIER GETRAUMATISEER WORD, WORD N VRYWILLIGER INGEROEP, WIE DIE KIND KAN KALMEER EN VERWYS NA RELEVANTE GROEPE SOOS FAMSA OF WIE OOKAL….. EN OPVOLG WAT GEBEUR.
    AS DAAR HOFSAKE IS WAAR KINDERS BETROKKE IS – GAAN HOF TOE MET UITKENBARE KLERE… VERTEL VIR DIE KINDERS JULLE VEG VIR HULLE. GAAN SKOLE EN KLEUTERSKOLE TOE EN PRAAT MET DIE KINDERS – DIT WERK IN ONS DORP, HOEKOM KAN DIT NIE ORALS WERK NIE.

  4. Jonell

    November 3, 2016 at 8:37 am

    Die ma is die skuldige. Sy moes nooit die kinders van hul biologiese pa gevat het. Daar was baie mense insluitend die biologiese pa se ouers wat alles in hul vermoeë gedoen het om die kinders uit die stiefpa en ma se sorg te kry. Maar louia wou nie die kinders gee omrede sy die inderhoudsgeld nodig gehad het. Sy en koekemoer is beide werkloos. So die ma is die hoof skuldige

  5. Jacoline Eckard

    November 3, 2016 at 6:23 am

    Ek voel net die ma asook polisie en maatskaplike werkers wat nie opgetree het nie moet ook aanspreeklik gehou word. Daar is in die saak geen geregtigheid as dit anders geskied as bogenoemde.

    Walglik.

  6. Dam

    November 2, 2016 at 8:52 pm

    Dis om van naar te word. N dier beskerm sy kind beter as di so genoemde ma

  7. Laetitia

    November 2, 2016 at 8:51 pm

    Appalled and disgusted. As a 13 year old child I was let down by our justice system. Today as a 41year old mother myself and woman Im breaking inside and very emotional to see that the system hasn’t changed one bit. My sister, dead! Myself serious suicide attempt but NO he goes free. Poppie sweet sweet little girl….I am soooo very sorry for what you had to endure.

  8. Antonio Sonelli

    November 2, 2016 at 8:00 pm

    Ek lees van die kommentare van mense wat reken sy is nou n engeltjie. Dis nie die waarheid nie. Die waarheid is dat sy op n barbaarse wyse van haar lewe beroof is, haar toekoms, haar nageslag wat sy sou kon hê. Daar is net een remedie en dit is dat die skuldige wat dit aan haar gedoen het moet ook doodgemaak word. Punt. Hy verdien nie om te lewe nie.

  9. Adriyana

    November 2, 2016 at 7:14 pm

    Doodstraf Moet terug..die gemors van n man en poppie se ma..so n mooi ou dogterjie ek hoop haar boetie is veilig…riv poppie

  10. Miggie1

    November 2, 2016 at 6:33 pm

    Die boetie is by die sleg gemors weggevat en is tans by sy biologiese Pa. Hoekom sy nie ook gearresteer is nie is my gat se deksel. Die rubbish hoort net soveel in die tronk, dis goed soos sy wat ‘n toonbeeld is van “white trash”. Daai uitvaagsel gaan wel kry wat hom toekom, as hy aar net weet wat wag vir hom in die tronk…. Ek is jammer maar die kwansuise “lang en ingewikkelde proses” is sommer stront, as ‘n kind se lewe in gevaar moet hy/sy onmiddelik verwyder word!! Dis nou a die hoeveelste kind wat vermoor word deur ‘n ouer/stiefouer waar die polisie/welsyn nie vinnig genoeg opgetree het nie. Hoeveel kinders moet nog sterf voor hulle gaan wakker skrik? Ek is sommer siek

  11. Raymond

    November 2, 2016 at 4:45 pm

    Uhet u plig gedoen, deeglik ook. Die mening is, dat ‘n kind in gevaar, verwyder kan word sonder ‘n hofbevel en onmiddelik, met ‘n vorm 36, wat moes gedoen gewees het. – Redaksie

  12. Jaco Roux

    November 2, 2016 at 4:33 pm

    Ek wil net by las by Sarel se comment, dat dit wat hy se waar was, as hulle my verklaring mooi deur gelees het sal hulle sie dat die welsynwerkster gereeld by my was om te hoor hoe die situasie langs my is. Ek weet ook dat die welsynwerkster hard besig was om die kinders by veilige sorg te kry, en syt aan my verduidelik dit is nie ‘n maklike proses nie, en die welsynwerkste was die persoon wat my tevolle gemotiveer het om die verklaring op te stel. Maar ek wil ook net noem dat die ouma van Louisa my 31 Okt gedreig en geteister het. Wat vir my baie hartverskeurend is, na alles maak sy my nog altyd die skuldige ene, deur my baas te bel en sê sy sal nie weer haar voet in die slaghuis te sit na my verklaring nie.

  13. Estelle

    November 2, 2016 at 2:52 pm

    Waar is die pragtige Poppie se biologiese pa??? Die ma moet ook toegesluit word en die sleutel moet weggegooi word. Steriliseer stiefpa en gemors ma hulle is nie bevoegd om aangespreek te word as n ouer nie!!!!!!!!!!!

  14. Jenny

    November 2, 2016 at 2:26 pm

    There is so much wrong with our justice system. Sarel so trying to justify the actions or should I say minimal actions taken from the welfare is disgusting. A child has died a horrific death at the hands of an adult why didnt anyone fight for these children s rights. Maybe now people will realise just how bad our system is, even if it meant an Angel had to give up her life for this.Please make an effort to protect the boy now as his Mother has no right to be near him.Lastly I am proud of everyone voicing their anger at this terrible murder. Keep it going South Africans.

  15. celeste

    November 2, 2016 at 2:11 pm

    Ek het nie woorde nie.Wat het van ons mensdom geword?Die mooiste klein dogtertjie en sys net 3 jaar oud.DRIE jaar oud!!!Ek het al emmers vol trane gehuil,ek word siek as ek aan haar dink.Wat moes deur daai arme kindjie se gedagtes gegaan het?Ek berus my dat sy die mooiste engeltjie in die hemel is.Liewe Heer,laat haar boetie nie dieselfde paadjie loop nie en laat geregtigheid geskied vir die onskuldige klein kindjie.Daai man en haar Ma moet doodstraf kry wat deur die publiek gedoen moet word
    Dis die seerste seer.Haar Mamma wat haar moes beskerm het langs die man se sy gestaan en doen steeds.Julle sal jul dag kry

  16. Chante

    November 2, 2016 at 2:05 pm

    Ek voel die Poppie was die volle verantwoordelikheid van haar ma en dat daai sleg vrou dit toegelaat het…indien sy ook geslaan was of gedreig was hoekom het sy nie met haat kinders gevlug na veiligheid nie…ek ken mense in Orania wat sulke gebeure nie sou toelaat nie as hulle net vroeër geweet het van die probleme…dit breek my hart en ek is nog nie eers n mamma nie ek kan nie help om te dink wat moes deur daai lyfie se kop gegaan het nie! Gaan hulle verkragting en mollestering ook ondersoek???

  17. Sarel

    November 2, 2016 at 1:05 pm

    Daar is veel meer aan die storie as Jaco Roux se storie. Ek was self ook mnr Koekemoer se Buurman oorkant die pad. My jongste kind was saam met Louisa in die speelgroepie. Hy was nie die eerste om van die probleme te weet nie. Die Orania Maatskaplike raad het lank voor hom Roux geweet van die probleme en het dadelik die proses begin om die kinders in veilige bewaring te plaas. Dit is egter nie n eenvoudige proses om kinders by hul ouers weg te neem nie. Enigeen wat iets van die reg of maatskaplike dienste af weet sal hiervan kan getuig.

    Wat met Louisa gebeur het is tragies. Los die maatskaplike werkers en polisie uit. Hulle was besig om tot die beste van hul vermoë die kinders te beskerm. As Kobus 3 dae langer in Orania gebly het, sou die kinders in pleegsorg gewees het.

  18. Lorein Jacobs

    November 2, 2016 at 10:44 am

    Dus belaglik… hoekom is die ma nog op vrye voet…n mens kan aan daai foto sien dus n baie hartseer mensie…. die mooiste mensie en sy laat toe dat n vark haar doodmaak… haar stem is stil, en dus wat dit gekos het om die mishandeling te stop… en ons kan nie die regering blameer… haar ma moes haar beskerm het…. of haar vir haar pa gegee het as sy te bang was om die man aan te praat… dus maklik om te oordeel, maar n ware ma sal enigeiets vir haar kinders doen…

  19. Lee27

    November 2, 2016 at 9:25 am

    My suster het ‘n dogter van 7 maande en ek is oneindig lief vir haar en sal niks doen wat haar leed kan aan doen, doen nie. Hoeveel meer moet ‘n ma nie voel om haar kind vir 9 maande te dra en in die wêreld moes bring nie voel nie. Enige ma wat sit en toe kyk terwyl haar kind skree en huil van die pyn wat sy moet verduur is die naam MA nie werd nie. Ek sukkel om te verstaan hoekom daar wonderlike mense wat enige iets vir hul kinders sal doen, nie kinders kan hê nie terwyl die wat wel kinders het nie die geskenk wat aan hulle geleen is deur God nie waardeer nie. Ek vind wel ‘n bietjie rus in die wete dat God hul nie ongestraf sal laat nie. God sê meer as by een geval in die bybel dat die wat self ‘n haar op ‘n kind se kop leed aan doen sal Hy nie ongestaf laat nie. Ek weet sy is by God en Hy het haar genees van alle pyn, Hy het haar seer, vrees en gee vir haar die liefde wat ‘n vader vir haar moes gegee het.

  20. Ludwig

    November 2, 2016 at 6:11 am

    Waarom is dit nou die regering se skuld as die ouers wegkruip. Mens kan nie net ouers se kinders wegneem, sonder ‘n behoorlike ondersoek, nie.

    In die geval is die stiefpa, ma en die persoon wat hulle vertel het om te gaan wegkruip waarskynlik skuldig.

  21. Alethea

    November 1, 2016 at 1:50 pm

    Waar is liefste poppie se boetie… gaan iemand die seuntjie help…!!!!

  22. Shaun

    November 1, 2016 at 1:38 pm

    Daar is nnie woorde om hierdie daad te beskryf nie. Ek is n Pa van n vyfjarige dogtertjie en leer haar al van die begin van haar lewe af dat GEEN MAN die REG het om aan haar te slaan nie. Ek help haar menige aande met die bietjie selfverdediging wat ek ken sodat sy eendag haarself kan beskerm.
    Elke aand as ek haar in haar bedjie nag gaan se is dit vir my n voorreg om te kan se ek is haar Pappa. Hierdie man wat so laag gedaal het om die kinders te vernietig moet die swaarste straf moontlik kry en dit is beslis nie tronkstraf nie. Lewer hom aan die mense uit sodat hulle dieselfde aan hom kan doen.

  23. Monica

    November 1, 2016 at 1:28 pm

    As die brief gelees word wat die buurman geskryf het, en gehoor het wat die taalgebruik was van die sogenaamde “ma” Na die twee kinders papnat gespuit is met n tuinslang,is in een woord genoeg om te weet, sy het hulle nooit teen hom beskerm nie, die woord wat sy gebruik het sal geen ordentelike ma of moeder ooit gebruik teenoor sulke klein kindertjies nie net een woord Louisa skokkend. Ons dank die Here dat sy nou n engeltjie is. En nooit weer deur n ander stief pa want ek glo daar sal nog wees in die ma se lewe mishandel word nie.

  24. Cheryl

    November 1, 2016 at 12:06 pm

    So pragtige ou dogtertjie, my hart breek as ek net daaraan dink hoe so ou klein dingetjie verniel is om haar dood te veroorsaak en sy haarself nie eers kon verdedig het nie – dis hartverskeurend

  25. Vicki

    November 1, 2016 at 11:53 am

    behalwe vir die viselike ding wat “n stiefpa” genome word moet die ma ook lewenslank sit. Sy het oor en oor dit toegelaat. Watse tipe persoon kyk hoe jou kind deur n ander aangerand word en mishandle word? Geen mens wat n ma of pa werd is sal so iets doen nie. So laat die polisie en welsyn nou die regte ding doen in hierdie situasie en sluit hulle toe.

  26. Koos

    November 1, 2016 at 8:58 am

    In so situasies en tragiese gebeurtenisse moet al die bure in die blok byeenkom saam na die owerhede gaan rapporteer en opvolg. Die Welsyn admin asook die Polisie SIT NET EN SALARISSE ONTVANG min gepla oor klagtes wat op hul lessnare geplaas word en dis kommerwekkend, ken hulle dan nie hul werk nie?

  27. ansie

    November 1, 2016 at 8:42 am

    Ma is net so ‘n groot gemors as die Aanhangsel. Wil eerder ‘n man hê wat kinders vermoor as om eerder na haar kinders om te sien en hulle te beskerm teen so ‘n werfetter. Gee hul al twee vir die publiek sodat hulle kan deurmaak wat daai onskuldige kindjie moes deurmaak sy kon haar nie eers self verdedig nie. Wil hul elke dag so bietjie vir bietjie sny met ‘n lemmetjie weet nie hoekom word daar vir sulke vrouens kinders gegee nie.

  28. Denise

    November 1, 2016 at 7:47 am

    Dink die ma moet ook toegeskuit word sy net so pateet regtig……RIV Poppie

  29. vernon

    November 1, 2016 at 5:36 am

    Gee die gemors vir die gemeentskap sodat n mens hom ook kan seer en doodmaak soos hy n onskuldige kind wat haar nie kan verdedig het nie maak soos in die ou tyd stenig die gemors.

  30. melody

    November 1, 2016 at 5:27 am

    Die MA hoort agter tralies!!!!!

  31. Chrissie

    November 1, 2016 at 12:51 am

    Die Tronk gaan te klein wees Bees Koekemoer!!!!!!!

  32. Annemarie

    November 1, 2016 at 12:43 am

    Ja die “sogenaamde ma” is ook n moordenaar, uit en klaar!!!!!!!!!

  33. Cahrine Hibbers pretorius

    Oktober 31, 2016 at 7:33 pm

    In ons familie is daar amper vyf mnde gelede, `n driejarige klein seuntjie, vermoor deur sy ma se sg. vriend. En tot op datum geen inghegtinisname, terwyl Polisie deeglik bewus is van wie die moordenaar is. Hy was enigste volwassene teenwoordig ten tye van moord. Die oudste boetie het reguit gese, wat gebeur het, en hy moes sit aanskou. Die kindjie was vir mnde verniel deur die man, hospitale in en uit. Welsyn is ingebring deur die Hospitaal. Die klein mensie moes verwyder word, maar a.g.v. papier werk wat nie reg was nie, het dit nie gebeur, en net vlg`de dag is hy vermoor. Welsyns dienste, Polisie en ons Regstelsel het ons totaal en al gefaal. Soek ons antwoorde, word ons geignoreer. Waar en wie sal ons kan help om geregtigheid te kry. Ek begin al glo, dat so iets nie meer bestaan nie

  34. caroline nel

    Oktober 31, 2016 at 5:28 pm

    Ons is om die minste te se WOEDEND OOR die slapgattigheid van die SAPS en die CMR!!!! EN HOEKOM LOOP DIE SLEG MA nog vry??????????