Subscribe by Email

Wet ongrondwetlik

Die besluit van pres. Jacob Zuma om hoofregter Sandile Nqcobo se termyn te verleng, is eenparig deur die Grondwetlike Hof as ongrondwetlik bevind.

Die hof het bevind dat artikel 8a van die Wet op die Vergoeding en Diensvoorwaardes van Regters ongrondwetlik is. Zuma het dié artikel ingespan om die termyn te verleng.

Verskeie instansies het die grondwetlikheid van Zuma se optrede betwis, en Nqcobo het vroeër die week self sy instemming vir ‘n verlengde termyn teruggetrek. Hy het dit gedoem om die integriteit van die regbank en die regspleging te beskerm, en is wyd geloof al is hy as geskikte bekleër beskryf.

Zuma het onlangs sy mond uitgespoel oor die howe se magte om ‘n stokkie voor regeringsbeleid te plaas, en dit as onaanvaarbaar beskryf. Hy het hierna onder ‘n stortvloed van kritiek deurgeloop, en is onder meer van ‘n onbegrip vir grondwetlike demokrasie beskuldig.

Regslui spreek gereeld kritiek uit oor die slordigheid waarmee wetgewing die afgelope aantal jare opgestel word.

Herman Toerien