Subscribe by Email

Wes-Kaap kry goeie reen maar nog nodig

agriDie uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, Carl Opperman, sê hoewel dit oor groot dele van dié provinsie goed gereën het, was dit so droog dat nog reën nodig is om die droogte finaal te breek.

Hy het aan Die Burger gesê die grond in die meeste gebiede was so droog dat daar min water na die damme afgeloop het en dit dus nie ’n baie groot verskil aan die damvlakke gemaak het nie.

Dele van die Overberg, die Suid-Kaap en die Swartland het al goeie reën ontvang, maar daar is groot gebiede in die Karoo wat nog baie droog is.