Subscribe by Email

Werkloosheid in die EU kan skerp toeneem

As al die lidlande van die Europese Unie nie skouer aan die wiel sit en werksgeleenthede skep nie, kan nog 4,5 miljoen mense oor die volgende vier jaar hul werk verloor.

Die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) sê in ‘n verslag wat vandag uitgereik is werkloosheid het sedert 2010 in meer as die helfte van die EU se lidlande toegeneem. Op die oomblik is 17,4 miljoen mense in die unie werkloos, maar kan oor die volgende vier jaar tot 22 miljoen styg.

Meer as drie miljoen jong mense is werkloos. Die ILO sê hoe langer die probleem duur, hoe erger word die jeug getref.

Duitsland, België, Luxemburg, Malta en Oostenryk is die enigste EU-lidlande waar werkloosheid sedert 2008 afgeneem het, maar ook hier is daar tekens dat die skep van werksgeleenthede begin stagneer het.

Die gesukkel van die EU word tot ‘n groot mate verantwoordelik gehou vir die probleme van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

http://www.standaard.be/artikel/detail.aspx?artikelid=DMF20120711_010

Herman Toerien