Subscribe by Email

Wêreldrekord vir oud-Bloemfonteiner

‘n Gaatjie so groot soos ‘n sleutelgat is blykbaar groot genoeg vir die Vrystaats-gebore skerpskutter-doelskieter van die Proteas, Pietie Coetzee. Coetzee het pas tydens die Kampioenskapstoernooi in Dublin, haar wêreldrekord tot 223 doele in 225 toetse opgeskuif.

Vandat Coetzee na ‘n vyf jaar “uittrede” weer nadergeroep is om die Proteas weer momentum te gee, was dit niks snaaks om te sien dat Coetzee sommer verskeie doele in ‘n toets inryg nie – en verskeie kere het die bal meer as twee keer agter in die doelhok geklap.

Coetzee is in Bloemfontein gebore, en het as kind van Wepener aan die Hoërskool Oranje gematrikuleer. Oranje bied nog jaarliks saam met hul Amanda Coetzer-tennistoernooi ook ‘n Pietie Coetzee-hokkietoernooi aan.

Coetzee het na matriek aan die RAU gaan studeer, en sy is vandag ‘n Johannesburger.