Subscribe by Email

Wêreldberaad in Kaapstad gekanselleer!

 

dalai lama

Die wêreldberaad van Vredespryswenners wat volgende maand in Kaapstad sou plaasvind is volgens berigte gekanselleer.

Na Ierse Nobelpryswenner Betty Williams ‘n siedende aanval gedoen teen die Suid-Afrikaanse regering oor die weiering van ‘n visum aan die Dalai Lama het nog meer verteenwoordigers besluit om die byeenkoms te boikot.

Williams is een van vier vroue-pryswenners wat die byeenkoms boikot omdat die Tibetaanse geestelike leier dit nie mag bywoon nie.

Dit is die derde keer dat die regering hom ‘n visum weier.

TimesLive berig dat Williams in ‘n brief aan medepryswenner emeritus aartsbiskop Desmond Tutu skryf dat die regering vergeet van die steun wat buitelanders gegee het aan die stryd om demokrasie.