Subscribe by Email

Wêreldbekertoernooi dokumente moet openbaar wees

2010Die DA eis dat die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) al sy dokumente in verband met 2010 se Wêreldbekertoernooi openbaar moet maak.

Lede en ondersteuners van die party het vanoggend onder leiding van die Oos-Kaapse DA-leier, Atholl Trollip, ’n memorandum met dié eis aan ’n Safa-verteenwoordiger by Nasrec, suidwes van Johannesburg, oorhandig.

Trollip het gesê Safa se president, Danny Jordaan, wat destyds die hoof van die plaaslike reëlingskomitee was, moet sy stilswye breek oor die 10-miljoen dollar wat Safa aan die voormalige president van die sokkervereniging vir Noord-Amerika, Sentraal-Amerika en die Karibiese Eilande, Jack Warner, betaal het.

Volgens die Amerikaanse owerhede was dit omkoopgeld om Suid-Afrika se bod te verseker.