Subscribe by Email

Wêreld-vlugtelingdag: Dink ook aan joernasliste – VSG

Die VN se wêreldvlugtelingdag word vandag, 20 Junie, herdenk.

Ter herdenking van die dag het die persvryheidswaghond, Verslaggewers Sonder Grense, ‘n verklaring oor die lot van joernaliste uitgereik.

Verlede jaar moes sowat 80 joernaliste uit hul lande vlug, en veral joernaliste uit Sirië, Iran, Somalië en Eritrea het met dikwels amper geen besittings nie uit hul lande gevlug. Dié tendens word vanjaar voortgesit. – Herman Toerien