Subscribe by Email

Wêreld se voorste gholfspeler onttrek ook aan die Olimpiese Spele

witb-jason-day-cdn-open-mcqzm483tj4wz47odibppq52y6bpetfqopcdep10r8Die wêreld se voorste speler het ook onttrek aan die Olimpiese Spele uit vrees vir die Zika-virus in Brasilië. Die Australiër Jason Day se besluit volg nadat sy landgenote Adam Scott en Marc Leishman, die Suid-Afrikaners Branden Grace, Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel, en Vijay Singh van Fidji ook besluit het om nie deel te neem nie. Gholf keer die eerste keer in meer as honderd jaar terug as Olimpiese sportsoort.