Subscribe by Email

Wen met enkele lopie

Royal-Challengers-Bangalore-batsman-AB-de-VilliersAB de Villiers se Royal Challengers Bangalore het die Kings Eleven Punjab met ‘n enkele lopie geklop in hulle Indiese Premiersligawedstryd in Mohali. RCB het 176 vir vyf in sy twintig boulbeurte gekry, met De Villiers se 64 die hoogste telling. Punjab het geëindig op 174 vir vier ondanks kaptein Murali Vijay se 89 van net 57 balle. Bangalore het nou opgeskuif na sesde plek op die punteleer en kan nog die uitspeelrondes haal, maar Punjab se kanse lyk skraal.