Subscribe by Email

Wellington – vuur onder beheer

wellington fire

Die veldbrand wat al die afgelope paar dae in Wellington gebied woed en reeds sowat 1700 ha veld verwoes het, is uiteindelik laat Maandag onderbeheer gebring.

Die brand is vermoedelik deur ‘n ryloper, wat ‘n vuur aangesteek het onder ‘n brug op Bainskloofpas, begin. Die vuur, wat hy begin het om warm te hou, het handuitgeruk toe hy aan die slaap geraak het.