Subscribe by Email

Wegholveldbrande

veldfires

Die Departement van Landbou in die Vrystaat en die organisasie “Working on Fire” spook om ‘n wegholveldbrand tussen Winburg en Ventersburg te blus.

Dit is onduidelik hoe die brand ontstaan het.

Vrese bestaan egter dat die brand na bewoonde plase kan versprei. ‘n Woordvoerder van Vrystaat Landbou, Erika Coetzee het ‘n beroep gedoen op mense in die Allemanskraal-omgewing om hulp te kom verleen.

Die Johannesburgse nooddienste het daarin geslaag om ‘n brand onder beheer te bring, wat talle plakkershuise in ‘n informele woonbuurt in Kya Sands, noord van Johannesburg verwoes het.

Geen sterftes is in hierdie stadium aangemeld nie. Agt mense is vir rookinaseming behandel.

‘n Veldbrand  in die ooste van Pretoria het Donderdag omstreeks 14.30 die perdrykampioenskp ontwrig.

Die brand het vinnig na die ander kant van die Ou Bronkhorstsruitpad, omtrent 10km oos van Pretoria gespring