Subscribe by Email

Wees waterwys!!!

cactus

https://hinterland.co.za/files/Hinterland/Hinterland_tuinwenke/2015/12/Desember.html

Ons land is in die greep van ‘n ernstige droogte en wie sal dit meer besef as ons tuiniers wat ons tuine met liefde en toewyding versorg! Ons kan wel nie die droogte verlig nie, maar moet spaarsaam werk met ons beskikbare waterbronne. Om waterwys plante te plant is een oplossing, maar ons is in die middel van die seisoen en wil almal ons pragtige somertuine beskerm en bewaar.

Grasperke: 1. Gebruik die regte kunsmis op die regte tyd:

‘n Kunsmis hoog in stikstof en laag in kalium (bv 7:1:3) bevorder blaargroei en die gras ontwikkel nie ‘n diep en sterk wortelstelsel nie. Diep wortelgroei verseker ‘n sterker, meer waterbestande grasperk. Gebruik dus nou kunsmis laag in stikstof en hoër in kalium soos Wonder 3:1:5(26). Dien die kunsmis toe volgens die voorgeskrewe hoeveelhede. Te veel kunsmis syfer deur die grond en eindig weer in ons waterbronne. As jy minder water gee as gevolg van die droogte, moet jy ook minder kunsmis gee.

 2. Wanneer moet ek die grasperk water gee?

Maak net die grasperk nat wanneer jy sigbare tekens van droogte of blare wat verlep en opkrul sien. ‘n Ander teken dat gras water benodig is wanneer jou voetspore vir ‘n rukkie sigbaar bly in die gras. Moenie grasperke te nat maak nie. Swak groei veroorsaak dat fungus-siektes ontwikkel.

Bome:

1. Groepeer bome saam om ‘n “afdak” (canopy) te vorm, wat jou tuin verkoel. Plant blome met penwortels, wat verseker dat hulle by diep grondwater kan uitkom.

2. Onder die bome kan plante wat normaalweg baie water gebruik, geplant word. As gevolg van die koel lug sal daar minder verdamping plaasvind en minder water nodig wees. Ons skep dus hier ‘n medium waterwys mikroklimaat.

Plante geskik hiervoor is: Pscilla natalensis, Eucomid, Scidoxis, Aspidista, Begonias en Ruscus

One Response to Wees waterwys!!!

  1. Irene

    Mei 30, 2016 at 1:11 pm

    vvv