Subscribe by Email

Weer paar stewige aardbewings

Na daar meer as ‘n week geen aardbewings van meer as M6 geregistreer is nie, was daar nou binne twee dae drie – twee daarvan by Japan, en een by die Fidji-eilande. Al drie is op die Ring van Vuur, en interessant skrum ligte aardbewings weer vir ‘n plek op die kaart in Kalifornië. Een van hierdie ligte aardbewings was in Los Angeles.
Die interessante, hoewel op ‘n heelwat ligter skaal, is dat Japan se grote van M9 deur ‘n soortgelyke stil patroon voorafgegaan is, en toe “versteur” is deur ‘n stewige aardbewing in die suidelike Atlantiese oseaan, en toe ‘n paar stewiges in die omgewing van Indonesië “op pad” na Japan. Dit is egter blote toeval dat ‘n kleiner skaal herhaling nou voorgekom het.
Die interessantheid is die verskillende dieptes van die aardbewings. Die aardbewing van M6.2 in Japan was maar tien kilometer van die oppervlak, die een van M6.3 was meer as 40 kilometer diep, en die een van M6.2 by Fidji soos gebruiklik meer as 400 kilometer diep.
Die ligte aardbewings in Kalifornië is selde meer as tien kilometer diep, en sommiges is self effektief op die oppervlak.
Geen werklike nuwe tendense kan uit die verspreiding en voorkoms opgelet word nie.