Subscribe by Email

Weer ‘n Clinton in die Withuis?

Oud-president Bill Clinton sal vanaand op die Demokratiese Party se konvensie die sittende president. Barack Obama se formele nominasie as die party se presidentskandidaat vir die komende presidentsverkiesing doen.

En in die proses sy eie vrou, Hillary, se naam as kandidaat vir 2016 se verkiesing in die hoed plaas, meen al hoe meer kommentators.

Meer as ‘n dekade gelede was daar ‘n liederlike wolk oor Bill Clinnton se kop as destydse president, onder meer oor die Monica Levinsky-affêre. Vier jaar gelede was die verhouding tussen Clinton en Obama stram, berig die Los Angeles Times.

Maar sedertdien het die verhouding hartlik geword, terwyl Hillary die aandag trek as minister van buitelandse sake.

Clinton se gewildheid het ondertussen baie gegroei, en in gewildheidsopnames klop hy Obama gerieflik. Nou werp hy sy gewig ten volle by Obama in, en is onder meer ‘n baie suksesvolle fondsinsamelaar vir Obama se verkiesingsveldtog. Dit is dus ‘n goeie strategiese skuif om Clinton die nominasie te laat doen, maar in die proses gaan Clinton twee vlieë met een klap slaan, meen kommentarors.

Dat Hilalry aangedui het dat sy met die komende presidentserkiesing as minister bedank, versterk eerder die opvatting dat Hillary haar vere reg skud vir ‘n aanslag op die Withuis. Dit is nie konvensie dat ‘n sittende minister ‘n presidentskandidaat word nie.

Hillary het met die vorige presidentsverkiesing probeer om president te word, maar hoewel sy as openbare figuur minstens net soveel gesag as Bill afdwing, het sy in die nominasiestryd die onderspit gedelf. Daar is destyds wyd bespiegel dat Obama Hillary as sy  vise-presidentskandidaat sou aanwys, maar Obama het voorrang aan Joe Bidden gegee. Hillary is egter as minister van buitelandse sake aangewys, en so in die openbare oog gebly.

 

 

Herman Toerien