Subscribe by Email

Webwerf vir Afrikanergeskiedenis

Die fokus van die Afrikaner-geskiedenisprojek onder beskerming van die FAK is daarop gerig om die webblad uit te bou as ’n eenstop bestemming vir almal wat oor Afrikaners se geskiedenis wil (en moet) leer. Onlangse toevoegings sluit in 365 dagstukkies deur prof. Jaap Steyn van Bloemfontein en uitbreidings en alternatiewe tot die voorgestelde staatskurrikulum – ’n kurrikulum wat deur geskiedenis-kenners soms al as ’n “haat-kurrikulum” bestempel is. Binnekort verskyn daar ook dokumente van bykans 20 jaar se uitgawes van die Historia Junior Geskiedenis-tydskrif. Belangstellendes kan gerus die webblad besoek (www.afrikanergeskiedenis.co.za) en insette en reaksie stuur na boshof7@telkomsa.net