Subscribe by Email

WB 2010 nuus, SA en Mexiko gelykop en toegang tot lugruim by sokker stadions beperk

Suid-Afrika en Meksiko het gelykop gespeel in die openingswedstryd van die 2010 Fifa Wêreldbeker by Soccer City in Johannesburg.

Die doele is vir beide spanne in die tweede helfte van die wedstryd aangeteken. President Jacob Zuma het vroeër die Wêreldbeker amptelik geopen. Daar was ongeveer 90 duisend toeskouers by die stadion, terwyl derduisende wat nie by die stadion was nie, in verskillende stede by die groot sokkerparke na die wedstryd kon kyk.

Intussen is ’n lugverdedigingstrategie wat toegang tot die lugruim by sokker-stadions beperk,  in werking gestel vir die duur van die Fifa Wêreldbeker. Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestrukture sê die beweging van lugverkeer in die beperkte gebied is nou onder die beheer van die Suid-Afrikaanse Lugmag.

Dit beteken dat al Suid-Afrika se lugbemanning – met die uitsondering van geskeduleerde vlugte deur gevestigde lugrederye en staatsvlugte,  moet minstens 48 uur voor hulle vertrek by die Lugmag aansoek doen. Buitelandse vlieëniers en bemanningslede moet minstens sewe dae voor die tyd toestemming verkry.